MINKI se "Pupcakes"

Soetpatat Kolwyntjies vir my aspatat

MANHATTAN VERSIERDE SOETPATAT-KOLWYNTJIES

Lewer ongeveer 12 kolwyntjies

Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 12 holtes van ‘n kolwyntjiepan uit met papierkoppies en spuit met kossproei.

KOLWYNTJIES

  • Meng 125 ml (½ k) gaar soetpatat (fyngemaak), 125 ml (½ k) appelpuree, 15 ml (1 e) heuning, 15 ml (1 e) gesmelte klapperolie en 1 gerasperde appel goed saam.

  • Voeg 1 geklitsde eier, 250 ml (1 k) volkoringmeel en 30 ml (2 e) hawermout by en meng goed.

  • Verdeel die beslag tussen die papierhouertjies en bak vir 25-30 min of tot gaar. Haal uit die muffinpan uit en laat afkoel.

VERSIERSEL

  • Klits 125 ml (½ k) roomkaas en 30 ml (2 e) appelpuree goed saam en smeer oor die koekies.

  • Versier met Manhattan senties en Manhattan wine gums soos verkies.