Chettinad Peper-Hoender en Broodbakkies

BROS BLUE RIBBON BROODBAKKIES MET CHETTINAD-HOENDER

Genoeg vir 4-6 mense

 

MASALA-PASTA

Sit 5 ml (1 t) elk finkel-, koljander- en komynsaadjies, 10 ml (2 t) swartpeperkorrels en 4 gedroogde brandrissies in ‘n droë pan en rooster tot geurig.

 

Skep die mengsel in ‘n maler en vysel en maal fyn. Voeg ‘n klein bietjie water by meng sodat dit ‘n pasta maak.

 

Voeg 2,5 ml (½ t) borrie, 2 gerasperde knoffelhuisies en 2,5 ml (½ t) gerasperde gemmer by en maal fyn. Hou eenkant.

 

HOENDER

Sit ‘n groot skottel op die stoof en voeg 30 ml (2 e) olie by. Verhit en voeg 1 kaneelstok, 2 kardemonpeule en 1 gekapte ui by. Roerbraai tot geurig.

Verlaag die hitte en voeg 125 ml (½ k) tamatiepuree, die sout en masala-pasta by. Pak die hoender in die pan en meng deur.

 

Sit ‘n deksel op die skottel en verhit totdat die sous begin kook. Voeg ‘n bietjie water by indien nodig.  Verlaag die hitte en laat prut vir 20 min. Roer af en toe om te verhoed dat die sous vasbrand. Haal die deksel af en braai vir nog 10 min of totdat die hoender gaar is.

 

Sprinkel vars koljanderblare oor.

 

BROODBAKKIES

Sit die rooster-element van die oond aan. Verf 6-8 holtes van ‘n muffinpan goed met gesmelte botter. Maak 4-6 Blue Ribbon vierkantbroodjies oop en verf aan die binnekant ook met botter.

 

Druk die Blue Ribbon broodjies versigtig in die muffinpan-holtes en rooster in die verhitte oond vir 5-10 min of tot bros. Haal die bakkies uit die muffinpan uit.

 

VIR VOORSIT

Pluis die hoender rofweg en skep in die broodbakkies. Sprinkel vars koljanderblare oor indien verkies en sit dadelik voor.

 

Minki JoubertComment