Susan se kaaskoek op MINKI

MANHATTAN-KAASKOEK MET BLUE RIBBON-KORS

- Genoeg vir 8 mense

KORS

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ’n losboom-koekpan goed met gesmelte botter.

Maak 4 Blue Ribbon-witbroodvierkante oop en verf aan beide kante met gesmelte botter.

Druk die broodjies, met die korskant na buite, in die bereide koekpan om ’n kors te vorm. Bak die kors vir 10 – 15 minute of tot goudbruin en bros. Haal die koekpan uit die oond uit en laat eenkant afkoel.

VULSEL

Giet 60 ml (¼ k) water in ’n bakkie en sprinkel 10 g gelatien oor. Meng en laat staan vir 5 minute. Giet 60 ml (¼ k) kookwater by en meng tot opgelos.

Klits 385 g (1 blikkie) kondensmelk, 250 g (1 houertjie) roomkaas, sap van 3 suurlemoene en ’n knippie sout saam in ’n groot bak tot goed gemeng. Voeg die gelatien by en klits goed.

Klits 125 ml (½ k) room styf en vou by die mengsel in. Giet die mengsel in die kors.

MARMER

Sit ’n hand vol pers en pienk Manhattan milk bottles in ’n mikrogolf-glasbak en voeg 60 ml (¼ k) kookwater by. Smelt in die mikrogolf vir 1 minuut en roer tot gesmelt.

Giet 45 ml (3 e) water oor 10 ml (2 t) gelatien en laat staan tot gespons. Roer by die gesmelte lekkers in en giet oor die koek. Laat stol in die yskas oornag.

Haal die koeke versigtig uit die pan en sit voor.

Minki JoubertComment