Ivor Price se Bobotie

BLUE RIBBON-BOBOTIE-SOUTTERTJIES MET TAMATIE-SAMBAL

Lewer 8 – 12 klein bobotie-souttertjies

KOPPIES

Voorverhit die oond tot 190°C. Voer die holtes van ’n muffinpan uit met gesmelte botter. Maak 6 Blue Ribbon-volgraanbroodjies oop en rol liggies met ’n koekroller uit. Druk sirkels so groot soos die muffinpanholtes uit met ’n koekiedrukker. Sit die oorblyfsels van die brood in ’n aparte bakkie en bedek met melk.

BOBOTIE

Verhit 15 ml (1 e) botter in ’n groot pan en braai 1 gekapte ui tot goudbruin. Voeg 1 gekapte brandrissie, 1 kaneelstokkie, 15 ml (1 e) geroosterde kerriepoeier, 5 ml (1 t) elk fyn koljander en borrie by en roerbraai tot geurig.

Voeg 500 g maalvleis by en roerbraai tot bruin.

Voeg 30 ml (2 e) perskeblatjang en 125 ml (½ k) rosyne by. Voeg ’n skeut suurlemoensap by en geur met sout en peper. Meng goed en laat prut vir 10 min.

Druk die Blue Ribbon-broodstukkies, wat in die melk week, fyn en voeg by die maalvleis. Meng goed.

Verdeel die maalvleismengsel tussen die broodbakkies. Druk ’n lourierblaar in elkeen na smaak.

Klits 125 ml (½) melk, 125 ml (½ k) jogurt en 2 eiers goed saam. Bedek die maalvleis met die melkmengsel en bak in die verhitte oond vir 25 minute of totdat die eiervla gestol is. Haal die bobotie-souttertjies uit die muffinpan en sit voor met ’n tamatie-sambal.

Minki JoubertComment