KLEWERIGE HOENDER VIR GINIEL

BLUE RIBBON-JAFFLES MET KLEWERIGE HOENDER

Lewer 4 – 6 jaffles

 

1.     MARINADE

Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ’n potjie. Voeg 1 gekapte ui en 2 gekapte knoffelhuisies by en roerbraai tot sag.

Voeg 60 ml (¼ k) elk perskeblatjang, tamatiesous, worcestersous en rooiwyn by. Meng goed en laat oor ’n lae hitte prut vir 2 minute.

 

2.     HOENDER

Pak 500 g hoenderstukke in ’n bak. Giet die marinade oor en laat oornag marineer.

 

3.     Voorverhit die oond tot 200°C. Pak die hoender in ’n oondbak en rooster in die oond vir 40 minute of tot gaar en lekker klewerig. Laat effens afkoel. Pluis die hoender rofweg.

 

4.     JAFFLES Voer ’n jaffle-pan goed uit met gesmelte botter. Maak ’n Blue Ribbon-vierkantbroodjie oop en sit die een helfte op die jaffle-pan. Pak van die hoender op die broodjie met ’n skyfie kaas en vars roketblare. Sit die ander helfte van die broodjie bo-op. Maak die jaffle-pan styf toe. Knyp die broodstukkies af wat oor die kante hang.

 

5.     Braai die jaffle oor matige kole tot goudbruin en die kaas gesmelt is. Herhaal met die res van die hoender en vierkantbroodjies. Sit warm voor.

Minki JoubertComment