MY MA SE MAKLIKE KOEKSTRUIF

MAKLIKE MANHATTAN-JELLIE KOEKSTRUIF

Genoeg vir 8 – 12 mense

 

1.     JELLIE

Berei 1 pakkie groen jellie en 1 pakkie rooi jellie, apart soos aangedui op die verpakking. Giet die rooi jellie in ’n bak en die groen jellie in ’n ander bak. Sprinkel ’n verskeidenheid Manhattan-lekkers van keuse in elke bak jellie. Verkoel in die yskas tot gestol.

2.     KOEKSTRUIF

Sny 1 klaar bereide rolkoek in dun skywe. Pak die rolkoek teen die kante van ’n groot glasbak.

3.     Sny 1 klaar bereide Madeira-koek in blokkies en pak onder in die bak. Giet 60 ml (¼ k) sjerrie of port oor die koek.

4.     Skep ’n laag klaar bereide vla bo-op die koek.

5.     Dreineer ’n blik ingelegde perskes en sny in kleiner stukkies op. Pak die perskes bo-op die vla.

6.     Pak gemmerstukke in stroop, groenvye en gekapte neute bo-op die perskes.

7.     Krap die jellies met ’n vurk en skep eers van die rooi en dan van die groen jellie bo-op.

8.     Giet nog ’n laag klaar bereide vla bo-oor en gooi 1 blik ingelegde vrugteslaai bo-oor. Pak nog gemmer, groenvye en neute bo-op. Laat staan vir 2 – 3 uur in die yskas.

9.     Rond die koekstruif af met geklopte room en granadillapulp.

 

Minki JoubertComment