HAPPIESKOS

GREMOLATA HOENDERKEBABS

4-6 ontbeende hoenderborsfilette of -dytjies

Sout en varsgemaalde peper

Olyfolie, vir oor drup

MARINADE

60 ml (¼ k) olyfolie

Sap van 1 suurlemoen

1 knoffelhuisie, fyngekap

30 ml (2 e) heuning

5 ml (1 t) gedroogde tiemie

GREMOLATA

‘n hand vol vars pietersielie, gekap

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 knoffelhuisie, fyngekap

30 ml (2 e) olyfolie

 

Voorverhit die oond tot 230°C. Week ‘n paar kebabstokkies in kookwater. Smeer ‘n bakplaat liggies met olyfolie.

  • Sny die hoender in repies en sit in ‘n marineerbak. Geur met die sout en varsgemaalde peper.

  • MARINADE Meng alles goed saam en giet oor die hoender. Meng deur en laat vir minstens 1 uur in die yskas marineer.

  • Haal die kebabstokkies uit die kookwater uit. Ryg die hoender op die stokkies. Pak die kebabs op die bakplaat, drup nog ‘n klein bietjie olyfolie oor en rooster in die oond vir 15-20 min of tot goudbruin en gaar.

  • GREMOLATA Meng alles goed saam en sprinkel oor die kebabs.

 

PANGEBAKTE FILOPAKKIES

VULSEL

100 g gesoute amandels, grof gekap

100 g ontpitte dadels, fyngekap

100 g gerasperde mozzarella

‘n hand vol vars pietersielie of basilie, gekap

FILO-PAKKIES

250 g filodeeg

Olyfolie

Growwe seesout

  • VULSEL Meng alles goed saam.

  • FILOPAKKIES Neem ‘n vel filodaag en skep van die vulsel in ‘n strook onderaan die vel deeg. Verf die kante van die deeg liggies met olyfolie.

  • Vou die kante van die deeg oor die vulsel en vou dan die vulsel op tot bo.

  • Herhaal met die res van die dee gen vulsel.

  • Verf elke pakkie liggies met olyfolie.

  • Verhit ‘n groot pan en braai die filopakkies in sarsies tot goudbruin, bros en die kaas gesmelt is.

  • Sprinkel ‘n bietjie seesout oor, indien verkies. Sny in porsies en sit warm voor.

 

OONDGEROOSTERDE CAJUN-KEKERERTJIES

2 x 410 g blikke kekerertjies, gedreineer

2 knoffelhuisies, fyngekap

5 ml (1 t) elk gedroogde oregano, gedroogde tiemie, rooipeper, varsgemaalde swartpeper en sout

10 ml (2 t) gerookte paprika

45 ml (3 e) olyfolie

 

Voorverhit die oond tot 200°C.

  • Meng al die bestanddele goed saam en versprei op ‘n groot bakplaat.

  • Rooster in die verhitte oond vir 15 min. Skud die bakplaat en rooster vir nog 15 min of tot bros.

  • Laat die kekerertjies afkoel en sit voor as ‘n peuselhappie.

Minki JoubertComment