MEXIKAANSE HOENDERSOP MET NACHO-DIPPERS

SOP

6 x 250 ml (6 k) hoenderaftreksel

1 rooi ui, gekap

sap van 2-3 lemmetjie

2 takkies tiemie

4 hoenderborsfilette

30 ml (2 e) olyfolie

6 stingeluie, gekap

1-2 brandrissie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

1 x 410 g blik gekapte tamaties

15 ml (1 e) suiker, optioneel

sout en varsgemaalde peper

NACHO-DIPPERS

2 tortillavelle

30 ml (2 e) olyfolie

5 ml (1 t) gedroogde brandrissievlokkies

2,5 ml (½ t) elk gerookte paprika en fyn komyn

Knippie seesout

Varsgemaalde peper

VIR VOORSIT

Vars koljanderblare

1 brandrissie, fyngekap (optioneel)

Suurroom

Lemmetjiewiggies

 

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ‘n bakplaat liggies met olyfolie.

  • SOP Sit die aftreksel, ui, lemmetjiesap en tiemie saam in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Sit die hoenderborsies in die kastrol, verlaag die hitte en laat stadig prut vir 10 min. Haal die kastrol van die stoof af, sit die deksel op en laat staan vir 10 min.

  • Haal die hoender uit die kastrol uit en pluis rofweg in stukke.

  • Verhit die olie in ‘n pan en braai die stingeluie, brandrissies, knoffel en soetrissie tot geurig.

  • Voeg die tamatie en suiker by (indien gebruik) en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat stadig prut vir 10 min. Roer die hoender deur en skep alles terug in die sopkastrol.

  • Meng alles goed en geur met die sout en varsgemaalde peper na smaak. Laat stadig prut vir nog 10 min.

  • NACHO-DIPPERS Sny die tortillavelle in driehoeke en verprei op die bakplaat. Drup die olie  oor en sprinkel die speserye oor. Meng alles liggies deur met jou hande. Versprei in ‘n enkellaag op die bakplaat en rooster vir 7-10 min of tot goudbruin en bros.

  • VIR VOORSIT Rond die sop af met vars koljanderblare en brandrissie, indien verkies. Sit voor saam met die suurroom, lemmetjiewiggies en naco-dippers.

Minki JoubertComment