Pietie-se-ma se TUNA-EN-EIERSLAAI met 'n twist

TUNA

200 g tunasteak

sout en varsgemaalde peper

gerasperde skil van 1 suurlemoen en 15 ml (1 e) -sap

15 ml (1 e) olyfolie

 

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) mayonnaise

125 ml (½ k) volroom jogurt

‘n skeut suurlemoensap

2 takkies tiemie

knippie sout

 

SLAAI

Slaaiblare

Komkommer

2 radyse

Peulertjies

2 sag gekookte eiers, afgedop

 

TUNA Sit die tuna op ‘n bord en geur met die sout. Sprinkel die suurlemoenskil oor en geur met die –sap. Laat marineer vir 10 min.

 

Klad die tuna liggies droog en geur ruimskoots met peper – die peper moet amper ‘n kors om die tuna vorm.

 

Verhit die pan tot baie warm. Drup die olyfolie oor die tuna en braai in die warm pan vir 1 min per kant. Haal die tuna uit die pan uit en laat heeltemal afkoel. Sny in repies.

 

SLAAISOUS Meng die mayonnaise, jogurt en suurlemoensap goed saam. Breek die blaartjies van die tiemietakkies af en roer by die sous. Geur met sout na smaak.

 

SLAAI Sny die komkommer in stokkies, die radyse in skyfies, halveer die ertjies en sny die eiers in kwarte. Rangskik die slaaiblare, slaaibestanddele en tunaskyfies op ‘n slaaibord en drup die slaaisous oor.

Minki JoubertComment