JOHAN STEMMET SE GUNSTELING: KREEFSLAAI

KREEFSLAAI

Genoeg vir 2 mense (as voorgereg)

 

Maak 250 ml (1 k) gepluisde kreeefstukkies bymekaar – gebruik die pootjies, karkas en enige oorblyfsels kreef vir die slaai.

Kap 4 stingeluie op en sit in ‘n mengbakkie. 

Kap ‘n groot hand vol pietersielie fyn en voeg by die stingeluie.

Voeg die kreef, 60 ml (¼ k) mayonnaise en ‘n lekker skeut suurlemoensap by en meng goed. Geur met varsgemaalde peper na smaak.