SOUSKLUITJIES

SOUSKLUITJIES

Genoeg vir 6 mense

 

DEEG

Meng 250 ml (1 k) koekmeel, 10 ml (2 t) bakpoeier en ‘n knippie sout saam in ‘n mengbak.

 

Vryf 60 g koue botter met jou vingerpunte in die meelmengsel in.

 

Klits 125 ml (½ k) melk en ‘n eier goed saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot ‘n deeg vorm. Voeg nog ‘n eier by indien die deeg te styf is.

 

STROOP

Sit 750 ml (2 k) water, 250 ml (1 k) suiker, 30 ml (2 e) botter en 10 ml (2 e) kaneel saam in ‘n kastrol. Verhit en roer aanhoudend totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt.

 

Doop ‘n eetlepel in gesmelte botter en skep ‘n lepel van die deeg. Sit die skeppie deeg in die stroop. Skep nog deeg en herhaal tot al die deeg op is.

Sit die deksel op die kastrol, verlaag die hitte en kook stadig vir 15 min sonder om die deksel op te lig.

Skep die gaar kluitjies in ‘n bak, sprinkel kaneelsuiker oor.

 Skep van die orige stroop oor die kluitjies, laat staan vir 10 min.

 

Minki JoubertComment