THAISE-GROENKERRIE

THAISE-GROENKERRIE

Genoeg vir 4 mene

 

KERRIEPASTA

Sit 2,5 ml (½ t) fyn komyn, 5 ml (1 t) fyn koljander, 2 groen brandrissies, 2 knoffelhuisies, 6 cm geskilde vars gemmer, 2 stele sitroengras, 3 stingeluie, 20 g vars koljanderblare, 100 g kasjoeneute en 15 ml (1 e) bruinsuiker in die bak van ‘n voedselverwerker en pols tot fyn.

KERRIE

Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ‘n groot pan. Braai 4 hoenderborsfilette, wat in blokkies gesny is, vir ‘n paar minute. Skep uit en hou eenkant.

Skep die kerriepasta in die pan en braai vir 2-3 min tot geurig. Voeg 1 blik klappermelk,1 hoenderaftrekselpotjies en die hoender by die pasta in die pan.

Roer aanhoudend totdat die sous begin kook. Voeg 1 gesnyde rooi soetrissie en ‘n hand vol groenboontjies by die sous en laat prut vir 5-10 min.

Geur die kerrie met lemmetjiesap en sprinkel nog ekstra koljanderblare oor.

Minki JoubertComment