VIS EN TJIPS

VIS EN TJIPS

 

VIS

Klad porsies stokvis droog en geur met sout en peper. Drup ‘n bietjie suurlemoensap oor en hou eenkant.

 Rol die visporsies in meel en skud enige oortollige meel af.

 Verhit genoeg olie vir vlakbraai. Braai die vis tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en sit voor saam met die tjips en suurlemoenwiggies.

TJIPS

Bring ’n groot pot gesoute water tot kookpunt, voeg 6 gekilde aartappels, wat in dik tjips gesny is by en kook die vir 5 min.

Skep die tjips uit en klad liggies droog.

Verhit genoeg olie vir diepvetbraai. Sit die tjips versigtig in die olie en verlaag die hitte effens. Braai die tjips tot gaar. Dreineer op kombuispapier en skep in ‘n bak.

Drup ‘n bietjie witasyn oor die tjips en geur met sout. Bedek die bak en hou eenkant sodat die tjips kan sweet.