VOLSTRUISFILLET MET CHILLI-SJOKOLADESOUS

ADAM BARNARD SE GUNSTELING DIS:

VOLSTRUISFILLET MET CHILLI-SJOKOLADESOUS

 

FILLET

1 volstruisfillet

60 ml (¼ k) droë rooiwyn

Cajun-speserymengsel

olyfolie, vir braai

 

SOUS

200 g donkersjokolade (70-80% kakao), grof gekap

80 ml (⅓ k) room

1-2 brandrissies, fyngekap

knippie seesout

VIR VOORSIT

Vars kruie

Ekstra gekapte brandrissies

Maak ‘n braaivuur met genoeg kole vir braai. Sit ‘n rooster laag oor die kole op ‘n staander.

FILLET Klad die fillet droog met handdoekrol. Giet die rooiwyn oor en laat marineer vir 30 min – draai die fillet halfpad om sodat dit oraloor marineer.

Haal die fillet uit die rooiwyn uit en klad weer droog. Geur die fillet met die Cajun-speserye en smeer met ‘n bietjie olyfolie.

Braai die fillet oor die kole tot gaar soos verkies. Laat die fillet rus vir minstens 5-10 min en sny in porsies.

SOUS Sit die sjokolade en room in ‘n kastrolletjie oor lae hitte, en roer aanhoudend totdat die sjokolade gesmelt is. Haal die kastrolletjie van die hitte af en roer die rissie en seesout deur.

 VIR VOORSIT Sit die fillet voor saam met die sous en vars kruie en ekstra brandrissie, indien verkies.

Minki JoubertComment