WATERBLOMMETJIEBREDIE MET 'N 'TWIST'

WATERBLOMMETJIEBREDIE MET GEBRAAIDE TEMPEH

Gaste: Lynelle Kenned en Vinette Ebrahim

 

TEMPEH

2 knoffelhuisies, fyngekap

60 ml (¼ k) heuning

30 ml (2 e) sojasous

Tempeh, in blokkies gesny

 

BREDIE

15 ml (1 e) olyfolie

1 rooi uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 brandrissie, gekap

500 ml (2 k) groente-aftreksel

250 ml (1 k) sterk rooibostee

500 g vars waterblommetjies, skoongemaak

5 ml (1 t) mielieblom, opgelos in 15 ml (1 e) water

‘n skeut suurlemoensap

sout en varsgemaalde peper

VIR VOORSIT

Olyfolie, vir braai

Gaar jasmynrys

 

TEMPEH Meng die knoffel, heuning en sojasous in ‘n glasbak en voeg die tempeh by. Meng deur en los eenkant.

 

BREDIE Verhit die olie in ‘n kastrol en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel en rissie by en roerbraai tot geurig. Giet die aftreksel en rooibostee by en bring tot kookpunt. 

Voeg die waterblommetjies by, bring weer tot kookpunt en verlaag die hitte sodat die bredie stadig prut. Prut totdat die waterblommetjies sag en gaar is.

Meng die mielieblommengsel by en roer totdat die bredie begin verdik.

Geur die bredie met die suurlemoensap, sout en varsgemaalde peper na smaak.

VIR AFRONDING Verhit ‘n bietjie olyfolie in ‘n pan. Haal die tempeh uit die marinade uit en braai in sarsies tot bros en deurwarm.

Roer die tempeh deur die bredie en sit voor.

Minki JoubertComment