PIETER-DIRK UYS SE GUNSTELING-DIS

VLEIS

400-600 g bees-brisket

Sout en varsgemaalde peper

Olie, vir braai

1 ui, gekap

125 ml (½ k) rooiwyn

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

4 takkies tiemie

2 lourierblare

1 x 410 g blik gekapte tamaties

 

TAMATIESOUS

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, gekap

30 ml (2 e) tamatiepasta

60 ml (¼ k) rooiwyn

1 x 410 g blik gekapte tamaties

100 g repiesspek, fyngekap

1 knoffelbol, stadig gerooster in die oond tot sag

15 ml (1 e) suiker

Skeut suurlemoensap

 

BASILIE-OLIE

‘n hand vol basilie

60 ml (¼ k) olyfolie

Skeut suurlemoensap

Knippie seesout

 

PASTA

500 g spaghetti, gekook tot al dente

Pecorinokaas

Varsgemaalde peper

 

VLEIS Geur die brisket goed aan alle kant met sout en varsgemaalde peper. Verhit die olie in ‘n groot pan en seël aan alle kante tot goudbruin.

Haal die vleis uit die pan uit en drup nog ‘n bietjie olie in. Roerbraai die ui tot goudbruin. Giet die rooiwyn by en laat prut vir 5 min.

Sit die brisket saam met die rooiwynsous en die res van die bestanddele in ‘n slow cooker en stowe oornag tot sag en die vleis amper uit mekaar val. Haal die vleis versigtig uit en pluis rofweg. Hou 250 ml (1 k) van die vleissous eenkant.

 

TAMATIESOUS Verhit die olyfolie in ‘n kastrol en braai die ui tot sag. Voeg die spek by en roerbraai tot bros. Roer die tamatiepasta by en braai vir ‘n minuut.

Voeg die koppie vleissous, rooiwyn en gekapte tamaties by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die sous stadig prut vir 10 min. Druk die knoffel uit die huisies uit en roer by die sous in.

Roer die suiker by en geur met die suurlemoensap, sout en varsgemaalde peper.

 

BASILIE-OLIE Kap die basilie fyn en meng met die res van die bestanddele.

PASTA Sit die pasta in ‘n opskepbak en rasper ruimskoots pecorino by. Geur met ide varsgemaalde peper en meng liggies deur.

VIR VOORSIT Pluis die vleis rofweg en meng by die sous in. Verhit en geur met nog sout en varsgemaalde peper indien verkies.

Skep die pasta in bakkies op. Skep van die vleissous oor. Drup die basilie-olie oor en sit voor.

Minki JoubertComment