TOMAHAWK-STEAK MET DOOPSOUSE

TOMAHAWK-STEAK MET DOOPSOUSE

STEAK

1 x Tomahawk-steak

Sout en varsgemaalde peper

30 ml (2 e) olyfolie

SALSA VERDE

60 ml (¼ k) olyfolie

10 ml (2 t) dijonmosterd

Skeut suurlemoensap

‘n groot hand vol pietersielie, gekap

‘n hand vol basilie, gekap

5 ml (1 t) gedroogde oregano

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 brandrissie, fyngekap

1  anjovisfillet, fyngekap

Knippie sout

 

CHERMOULA

‘n hand vol elk vars koljanderblare en pietersielie

10 ml (2 t) geroosterde komynsaadjies

5 ml (1 t) gewone of gerookte paprika

1 knoffelhuisie, fyngekap

60 ml (¼ k) olyfolie

Skeut suurlemoensap

Knippie sout

 

RISSIE-MAYO

125 ml (½ k) mayonnaise

60 ml (¼ k) natuurlike jogurt

60 ml (¼ k) mango-atjar

2 brandrissies, fyngekap

‘n skeut suurlemoensap

 

Maak ‘n braaivuur met genoeg kole vir braai. Sit ‘n rooster op ‘n staander laag oor die kole.

STEAK Geur die steak aan alle kante met die sout en varsgemaalde peper. Smeer die olyfolie oor.

Braai die steak oor die kole tot gaar soos verkies. Haal van die rooster af en sit eenkant op ‘n bord om vir minstens 5-10 min te rus.

SALSA VERDE Meng alles goed saam en geur met sout na smaak.

CHERMOULA Meng alles goed saam en geur met sout na smaak.

RISSIE-MAYO Sit alles saam in ‘n beker en pols fyn met ‘n staafmenger. Geur met sout na smaak.

VIR VOORSIT Skep al die souse in aparte bakkies. Sny die steak in repe en pak op ‘n houtplank. Sit dit steak voor saam met die souse.

 

Minki JoubertComment