SMOOTHIE-BAKKIES MET SJOKOLADE GRANOLA

GRANOLA

100 g amandels

100 g sonneblompitte

60 ml (¼ k) klapper

15 ml (1 e) klapperolie

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) kakao

Knippie seesout

100 g donkersjokolade, grof gekap

SMOOTHIE

500 ml (2 k) natuurlike jogurt

‘n hand vol bloubessies

2 piesangs, geskil

15 ml (1 e) kakao

30 ml (2 e) suikervrye gronboontjiebotter

Melk, soos verkies

VIR AFRONDING

Verskeidenheid vars bessies

Ekstra piesang

Heuning

Vars ment

 

Voorverhit die oond tot 200°C. Spuit ‘n bakplaat met kossproei.

1. GRANOLA Meng alles buiten die sjokolade goed saam en versprei in ‘n enkellaag op die bereide bakplaat.

2. Rooster in die oond vir 10-15 min of tot effens bros. Haal uit die oond uit en laat heeltemal afkoel.

3. Meng die sjokolade deur en bêre in ‘n fles tot benodig.

4. SMOOTHIE Sit die jogurt, bessies en piesangs in die bak en pols fyn met ‘n voedselverwerker tot glad. Voeg die res van die bestanddele, buiten die melk by, en pols tot glad. Voeg melk by soos verkies.

5. VIR AFRONDING Sny die bessies soos verkies. Skep die smoothie in bakkies op, sprinkel van die granola oor en versier met die bessies, piesang, heuning en ment.

Minki JoubertComment