BOTTERHOENDERKERRIE MET ROTI’S, RAITA EN SAMBAL

BOTTERHOENDERKERRIE

15 ml (1 e) olie

15 ml (1 e) botter

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, gekap

5 cm vars gemmer, gekap

1 kaneelstok

5 ml (1 t) elk borrie, fyn komyn en mosterdsaadjies

2,5 ml (½ t) fyn koljander

1 ml (¼ t) rooipeper

15 ml (1 e) geroosterde masala

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

4-6 hoenderborsfilette, in blokkies gesny

10 ml (2 t) mielieblom, gemeng met 15 ml (1 e) water

125 ml (½ k) room

Sout, na smaak

RAITA

½ komkommer

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

2,5 ml (½ t) fyn komyn

Knippie sout

SAMBAL

1 ui

2 tamaties

‘n hand vol vars koljanderblare, gekap

‘n skeut suurlemoensap

Sout en varsgemaalde peper

VIR VOORSIT

Roti’s

Vars koljanderblare

 

BOTTERHOENDERKERRIE

Verhit die olie en botter in ‘n diep pan en braai die ui, knoffel en gemmer tot sag.

Voeg al die speserye by en roerbraai tot geurig. Roer die tamatiepasta by en braai vir ‘n minuut.

Giet die hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die hoenderblokkies by en laat stadig prut vir 5 min.

Verlaag die hitte en roer die mielieblommengsel by. Roer aanhoudend totdat die kerrie verdik.

Roer die room by en laat stadig prut vir 10 min of totdat die hoender gaar is en die kerrie effens verdik het. Geur met die sout en varsgemaalde peper na smaak.

RAITA

Rasper die komkommer fyn en druk enige oortollige water uit. Meng die komkommer met die jogurt en geur met die komyn en sout.

SAMBAL

Sny die ui en tamaties in klein blokkies. Kap die koljanderblare rofweg op. Meng alles saam en geur met die suurlemoensap, sout en varsgemaalde peper.

VIR VOORSIT

Sit die kerrie voor saam met die raita, sambal, roti’s en ekstra koljanderblare indien verkies.

Minki JoubertComment