LEON SCHUSTER SE GUNSTELING SUSHI

PRAWN SUSHI

 

4 nori-velle

4 x 250 ml (4 k) klaar bereide sushirys

2 avokados, in skyfies opgesny

sap van 1 lemmetjie

400 g gaar prawnsterte

1 komkommer, in repies gesny

2 wortel, geskil en in repies gesny

VIR AFRONDING

Japanese mayonnaise

Geroosterde sesamsaadjies

Gepiekelde gemmer

Wasabi

sojasous

 

Sit ‘n nori-vel op ‘n sushi-matjie. Maak jou vingerpunte met water nat en druk van die rys eweredig op die nori-vel.

 

Pak ‘n paar avokadorepies in die middel van die rys en drup ‘n bietjie lemmetjiesap oor. Pak dan van die prawnsterte, komkommer en wortel langs die avokado.

 

Rol die sushi stewig op en sny met ‘n skerp mes in dik skywe.

 

VIR AFRONDING Spuit van die mayonnaise op elke stukkie sushi, sprinkel van die sesamsaadjies oor en sit voor saam met die gepiekelde gemmer, wasabi en sojasous.

Minki JoubertComment