'N PERI-PERI PYNAPPELKEBAB

PERI-PERI HOENDER MET PYNAPPELKEBABS

 

PERI-PERI-HOENDER

8 hoenderboudjies

Sout en varsgemaalde peper

45 ml (3 e) cajunspeserye

10 ml (2 t) gedroogde brandrissievlokkies

5 ml (1 t) komynsaadjies

5 ml (1 t) gedroogde tiemie

Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) olyfolie

KEBABS

1 rooi ui, geskil

2 pynappels, geskil

1 soetrissie

Kebabstokkies

SPESERYSPRINKEL

15 ml (1 e) geroosterde masala

2,5 ml (½ t) fyn komyn

Knippie seesout

DOOPSOUS

2 stingeluie

‘n hand vol pietersielie

‘n paar grasuie

250 ml (1 k) suurroom

Varsgemaalde peper

 

Voorverhit die oond tot 200°C. Sit ‘n draadrakkie op ‘n bakplaat en spuit met kossproei.

PERI-PERI-HOENDER Geur die hoender oraloor met die sout en varsgemaalde peper. Meng al die speserye, kruie en die suurlemoenskil saam en sprinkel oor die hoender.

Pak die hoender op ‘n draadrakkie en drup die olyfolie oor. Rooster vir 25-30 min of tot goudbruin en gaar.

KEBABS Sny die pynappel, soetrissie en ui in stukke en ryg om die beurt op kebabstokkies.

SPESERYSPRINKEL Meng alles goed saam en sprinkel oor die kebabs.

BRAAI Verhit ‘n ysterpan en spuit met kossproei. Rooster die kebabs tot geskroei aan alle kante.

DOOPSOUS Kap al die kruie rofweg op en meng goed. Geur met die peper en sit voor saam met die hoender en kebabs.

Minki JoubertComment