Griekse lamspasta

Resep deur Herman Lensing

Herman sê: “ ’n Lekker anderste manier om maalvleis te gebruik. Jy kan ook beesmaalvleis gebruik vir ’n goedkoper opsie.” 


Genoeg vir 4-6 


30 ml olyfolie 

1 ui, fyngekap 

2 knoffelhuisies, fyngekap 

2 takkies origanum, fyngekap

500 g lamsmaalvleis 

50 g-sakkie tamatiepasta 

400 g-blik tamatiepuree 

sout en varsgemaalde swartpeper

400 g strikdaspasta 

4 wiele fetakaas, gekrummel 

200 g ontpitte groen olywe 


Verhit die olyfolie tot warm in ‘n groot pot. Voeg die uie, knoffel en origanum by en braai tot die uie deursigtig raak, vir sowat 2-3 minute.
Voeg die maalvleis by en verhoog die hitte. Roerbraai tot die vleis ‘n korrelrige tekstuur bereik en begin verbruin, vir sowat 8-10 minute.
Voeg tamatiepasta by en braai nog 2 minute. Voeg die puree by en meng deur. Verlaag die hitte en laat prut vir 10-15 minute of tot ’n geurige vleissous vorm.
Geur goed met sout en peper. Terwyl die sous kook, maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer. Voeg die pasta by die sous en meng deur. Skep op ‘n dienbord en besprinkel met feta en olywe. Sit voor. 

Next
Next

Hoender-botterkerrie